6 Mei 2022
George Orwell se bekende novelle van 1945, Animal Farm is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal.
Diereplaas is deur die letterkundige Wium Van Zyl vertaal.
Hy meen dat die vertaling van dié klassieke boek ‘n verrykende bydrae tot ‘n letterkunde sal wees wat die boek sal help lewend hou.
Die boek handel oor ‘n groep diere wat in opstand kom teen die boer wat hulle besit en hoop vir ‘n wêreld waar diere gelyk en vry kan wees.
Animal Farm was in baie skole en vir baie jare deel van die skoolkurrikulum.