8 Oktober 2021
Die polisie in KwaZulu-Natal het met ‘n ondersoek begin nadat die liggaam van ‘n bejaarde vrou in haar huis in Parkhill, in die noorde van Durban, aangetref is.
Volgens ‘n woordvoerder van Netcare 911, Shawn Herbst is hulle na die toneel ontbied waar die vrou (70) – met haar hande en voete vasgebind op die vloer – aangetref is.
Paramedici het geen tekens van lewe by die vrou bespeur nie en sy is op die toneel dood verklaar.
Die omstandighede van die moord is nie bekend nie en dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek na die saak.
Stem vir die Aitsa’s