Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Bejaarde op plaas in die Noord-Kaap vermoor; man ernstig beseer

16 Augustus 2022

‘n Bejaarde vrou is vermoor, terwyl haar man ernstig aangerand is op hulle plaas naby Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Die plaas is sowat 15km buite die dorp op die N14-hoofroete.

Die VF Plus se provinsiale leier in die Noord-Kaap, dr. Wynand Boshoff sê die plaasaanval stuur opnuut skokgolwe deur dié rustige provinsie.

Volgens die polisie se woordvoerder in die Noord-Kaap, is die vrou se vasgebinde liggaam vanoggend in die huis gevind. Haar man kon homself bevry en is in die veld gevind. Hy ontvang tans mediese behandeling.

Boshoff sê volgens aanduidings was die aanvallers werknemers van die egpaar en bes moontlik buitelandse burgers.

“Die aanval vestig die aandag op verskillende sake wat in werklikheid reeds bekend is: Kwesbare mense word in aanvalle geteiken, ‘n maklik bereikbare ontsnaproete help misdadigers om weg te kom en die oënskynlike rustigheid van ‘n omgewing kan misleidend wees.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende