15 Julie 2021
‘n 78-jarige vrou van Paul Roux in die Vrystaat is dood nadat sy gisteroggend in haar huis in ‘n aftreeoord aangerand en gemartel is.
Die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk sê die bejaarde is met ‘n mes gesteek en vir dood agtergelaat.
LEES OOK: BESKULDIGDE GEVONNIS – 17 JAAR NÁ PLAASMOORD
Hy sê die identiteit van die vrou is bekend, maar weens die sensitiewe aard van die voorval en uit respek vir die familie word dit weerhou.
“Die mes waarmee die bejaarde gesteek is, is onder haar bewustelose liggaam gevind. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk,” sê van Niekerk.
Volgens hom is ‘n verdagte reeds vasgetrek en alhoewel die VF Plus die spoedige inhegtenisname verwelkom is dit steeds uiters wreed dat ‘n bejaarde in ‘n aftreeoord tussen ander bejaardes vermoor is.
LEES OOK: BRENDIN HORNER: MOORDVERDAGTES BORGTOG TOEGESTAAN
Hy meen dit is ‘n bewys dat misdadigers nie afgeskrik word deur die polisie of die regstelsel nie.
“Die VF Plus pleit vir beter polisiëring en swaarder strawwe.”
Hou Afrikaans op die lug