Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Bejaarde dood nadat sy na bewering “oornag buite tehuis vergeet is”

10 Augustus 2022

‘n Ondersoek is gelas ná die dood van ‘n vrou in haar tagtigs by ‘n tehuis vir bejaardes – wat aan die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling behoort.

Volgens berigte wil dit voorkom asof die inwoner van Huis Maudie Kriel – op Ceres – Saterdagaand deur personeel in haar rolstoel na buite geneem is om te rook. Op die oog af lyk dit asof die bejaarde buite vergeet is en deur die nag aan die elemente blootgestel was.

Personeel het die volgende oggend op haar liggaam buite in die tuin afgekom.

Die tehuis het met ‘n ondersoek na die voorval begin en die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek gelas.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap se woordvoerder, Joshua Covenant Chigome het aan News24 gesê hul is bewus van die voorval, maar wou nie meer besonderhede bekend maak nie. Die tehuis word ten volle gefinansier deur die departement.

Die bestuurder van Huis Maudie Kriel, Ria Prins het die voorval bevestig en sê dit word ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende