29 Februarie 2024
Die kabinet het die begrotingsrede, wat vroeër die maand gelewer is, goedgekeur.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het vroeër vanoggend terugvoer gegee oor die kabinetsvergadering wat gister gehou is.
Volgens haar is die begroting ‘n teken dat Suid-Afrika verbind is tot die ekonomie en probeer om landsburgers se lewens ten opsigte van finansiële druk te verbeter. Sy meen in sommige gevalle moes moeilike besluite geneem word, en moes die beskikbare begroting aangepas word sodat daar meer aandag gegee kan word aan kritieke kwessies.
“Ons is vol vertroue dat die huidige begroting ekonomiese groei sal bewerkstellig en die ekonomie sal stabiliseer.”
Verder het Ntshavheni ook gesê die kabinet neem kennis van die styging in die werkloosheidskoers in die laaste drie maande van die jaar. Volgens haar skep dit opnuut ‘n rede vir die regering om daadwerklik iets daar omtrent te doen.