23 Februarie 2023
Die VF Plus het in reaksie op die minister van finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede gesê dat hy met verkeerde prioriteite ʼn gulde kans verspeel het om ekonomiese groei te stimuleer.
Die VF Plus-LP, Wouter Wessels sê dié verkeerde prioriteite sluit in nóg R1-miljard in die bodemlose SAL-put terwyl die Poskantoor se reddingsboei R2,4-miljard beloop.
“Dit terwyl net een rand se verdere hulp aan gefaalde staatsondernemings bykans op hoogverraad sou neerkom gegewe die land se kritieke finansiële posisie,” meen Wessels.
LEES OOK: BEGROTING: SONPANELE BRING DALK BINNEKORT GELD IN JOU SAK
Solidariteit het in reaksie gesê dat die begrotingsrede in die regte rigting mik, maar nou moet ander ministers saamkom
Die hoof van die Solidariteit Navorsinginstituut, Connie Mulder het die begrotingsrede as oorwegend positief beskryf.
“Dit is duidelik dat die ANC in die regte rigting gedwing is deur die eenvoudige feit dat die geld op is. Vir die eerste keer word oor publieke finansies gepraat as ‘n beperkte hulpbron en nie ‘n bodemlose put van belasting nie” sê Mulder.
LEES OOK: BEGROTING: SONDEBELASTING STYG MET 4,9%
Die DA het saam met die VF Plus gestem dat die begrotingsrede verskeie geleenthede misgeloop het. Die DA se skadu-minister van finansies, dr. Dion George sê hierdie begroting ignoreer die land se groeiende skuldprobleem, en dra inteendeel daartoe by.
Hy sê die begroting skep ook geen geleenthede vir die herbou van sukkelende staatsondernemings nie.
Volgens George sal die begrotingsrede nie internasionale beleggers na Suid-Afrika lok nie.
[Speech] .."The President reminded us that even as we face steep and daunting challenges, like we have done in the past, we will overcome.
— South African Government (@GovernmentZA) February 22, 2023
Our economic recovery has been un-even and risks remain high. #Budget2023 ." Minister Enoch Godongwana
🔗https://t.co/je5fHgWHHL pic.twitter.com/d4siukA5gC