Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Beginsels moenie oorboord gegooi word om verby Covid-pandemie te tree

Nuuskommentaar: 20 Julie

Deur: Jaco Kleynhans

‘n Heel paar dinge oor Covid-19 waarvan ons verlede jaar hierdie tyd nog nie seker was nie, is intussen uitgepluis. Meer as ‘n jaar en ‘n half nadat die pandemie uitgebreek het, is meer as vier miljoen mense volgens amptelike data aan Covid-19 oorlede. Nog miljoene, veral in armer lande, is waarskynlik ook aan die siekte dood.

In lande soos die VSA,  Brittanje en die meeste Europese lande waar sterftes in Januarie nog geweldig hoog was, het dit dramaties afgeplat weens dié lande se inentingsprogramme. Lande wat tans sukkel met baie sterftes weens Covid-19 is hoofsaaklik armer lande waar min mense nog teen die virus ingeënt is.

Ons weet nog nie presies hoe Covid-19 ontstaan het nie, maar ons weet dit is hoogs aansteeklik en gaan waarskynlik nog vir baie lank met ons wees. Die wêreld sal moet begin aanpas om met Covid-19 saam te leef. Die Britse Eerste Minister Boris Johnson het twee weke gelede aangekondig dat Brittanje van vandeesweek af van die meeste maatreëls om Covid-19 te bestry gaan afsien. Johnson se boodskap was duidelik: Die wêreld sal moet begin aanvaar dat ons vir altyd met Covid-19 sal moet saamleef.

In talle ander lande soos Singapoer en Israel het regerings die afgelope twee weke soortgelyke boodskappe begin verkondig. Na ‘n hernude styging in infeksies in Israel het dié land se Eerste Minister, Naftali Bennett, gesê hy wil sien dat Israeli’s begin aanvaar dat die siekte deel van die normale gelewe geword het.

Tot dusver is byna 3,7 miljard dosisse entstof teen Covid-19 wêreldwyd toegedien. Meer as een miljard mense wêreldwyd is volledig teen die virus ingeënt. Dit is baie duidelik dat daar waar baie mense reeds ingeënt is die infeksies en veral pasiënte wat baie siek word, gehospitaliseer moet word en selfs sterf, drasties afneem.

Inentings teen Covid-19 is ‘n belangrike middel om dit vir die wêreld moontlik te maak om met die siekte te begin saamleef en om van drakoniese maatreëls om die verspreiding van die virus te beperk, af te sien. Die Franse regering se aankondiging verlede week dat alle gesondheidswerkers verplig gaan word om ingeënt te word en dat mense verplig kan word om sogenaamde inentingspaspoorte te dra, moet egter verwerp word. Die feit dat ander lande ook sulke paspoorte oorweeg, druis in teen basiese beginsels soos individuele burgers se vrye keuse of hy ingeënt wil word en sy keuse of hy sy mediese rekord met ander mense wil deel.

Soos wat entstowwe meer geredelik wêreldwyd beskikbaar word, kan elke mens besluit of hy ingeënt wil word. Om mense te verplig gaan nie weerstand teen entstowwe verlaag nie. Veilige, algemeen beskikbare entstowwe wat vrywillig gebruik kan word, is die oplossing om die pandemie onder beheer te bring. Regerings wat teen mense wil diskrimineer wat nie ingeënt is nie of selfs mense wil verplig om ingeënt te word of inentingspaspoorte te dra moet deur burgerlike organisasies aangevat word. Dit is ‘n wesenlike oorskryding van die magte van ‘n regering en druis in teen basiese beginsels wat in demokratiese lande moet geld, soos die vryheid van keuse. Vrywillige en nie verpligte inentings is wat nodig is om met Covid-19 te kan saamleef.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende