14 Maart 2023
Die African Transformation Movement (ATM) se Mncedi Ndzwanana is as die speaker van die Tshwane-metroraad verkies.
Die 69 raadslede van die DA het almal ‘n spesiale merk op die stembrief aangebring, wat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) as ‘n bedorwe stembrief beskou het.
Die DA se raadslid Cilliers Brink stem nie saam nie, en sê hulle sal die besluit van die OVK om hulle stembriewe as bedorwe te beskou, op hersiening neem.
Die kandidaat van die veelparty-koalisie Kholofelo Morodi het op die ou eind net 37 stemme gehad.
Indien die DA se 69 stemme saam getel word, sou sy die speaker-verkiesing wen.
