7 November 2022
Twee lede van die Tshwane-metropolisie is op borgtog van R500 elk vrygelaat nadat hulle betrap is waar hulle glo motoriste afgepers het en omkoopgeld aanvaar het.
Tydens die voorval – wat op kamera vasgelê is – het die beamptes motoriste voorgekeer en hulle daarvan beskuldig het dat hulle die spoedgrens oorskry het.
Die motoriste word dan aangesê om op die toneel ‘n afkoopboete te betaal wat dan na bewering in die beamptes se sakke verdwyn.
Die twee – wat uitgeken is konstabels Molefe en Matsemela – moet weer op die 27e Januarie 2023 in die hof verskyn.