Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Beampte aangekla oor goedkeuring van Bushiri-egpaar se verblyfaansoek

2 Junie 2021

‘n Senior beampte van die departement van binnelandse sake het onder skoot gekom nadat hy die omstrede Malawiese voortvlugtige lekeprediker, Shepherd Bushiri en sy familie se aansoeke om permanente verblyf, goedkeur het.

Die hoofdirekteur vir permitte, Ronney Marhule, is intern aangekla oor die goedkeuring van die Bushiri’s se permanente verblyfaansoeke sonder dat die standaardprosedures glo behoorlik nagekom is.

Marhule word daarvan beskuldig dat hy die aanbeveling van Bushiri en sy onmiddellike familie se aansoeke om permanente verblyfreg goedgekeur het.

‘n Interne ondersoek by binnelandse sake het bevind dat die goedkeuring van die aansoek – wat in Maart 2016 ingedien is – ook teenstrydig met die immigrasiewet is.

Marhule word saam met drie ander beamptes aangekla.

Die Bushiri-egpaar het landuit gevlug nadat hulle op borgtog vrygelaat is in ‘n saak waar hulle verdink word van meer as R 100-miljoen se bedrog, korrupsie en geldwassery.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende