7 Desember 2021
Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP) het in die derde kwartaal met 1,5% kleiner geword as in die tweede kwartaal.
Dit is die eerste keer in vyf kwartale wat daar negatiewe groei in die ekonomie aangeketen is.
Die grootste afname in die BBP syfer was in die landbou sektor aangemeld, wat met 13,6% ingekrimp het. Die handelsektor het met 5,5% ingekrimp.
Die derde kwartaal syfers is ook beinvloed deur die derde vlaag van Covid-19 infeksies, die onluste in Julie en die beurtkrag krisis.