Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Barkhuizen-saak: Solidariteit dreig LUR met hofaksie weens versuim om jammer te sê

22 Februarie 2023

Die vakbond, Solidariteit het vandag in ʼn skrywe aan die LUR vir onderwys in Noordwes, Viola Motsumi, gedreig met hofaksie indien die departement nie teen 2 Maart om verskoning vra vir hul “skending van Elana Barkhuizen se menseregte nie.”

Die adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit, Anton van der Bijl sê dit kom nadat die Menseregtekommissie (MRK) op 18 Januarie vanjaar bevind het dat die kantoor van die LUR hulself skuldig gemaak het aan die skending van Barkhuizen se reg op privaatheid, haar regte op behoorlike proses, veiligheid, vryheid van beweging en assosiasie, en boonop haar menswaardigheid gekrenk het.

LEES OOK: MRK SPREEK ONDERWYSERES VRY, VIER JAAR NÁ FOTO-HERRIE

Barkhuizen – wat voorheen ‘n onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke was – is in 2019 in die kollig gewerp nadat ’n foto, waarop vier swart en agtien wit leerders wat by aparte tafels in ’n klaskamer sit, wyd versprei is.

Volgens Van der Bijl het die MRK in Januarie beslis dat die LUR binne twee weke om verskoning moet vra.

Die skriftelike verskoning moet ook in ten minste een nasionale koerant gedruk word en vir minstens een maand op die webwerf van die departement geplaas word.

Volgens Solidariteit het die LUR egter tot dusver niks in hierdie verband gedoen nie.

“Dit is totaal onaanvaarbaar. Toe ons weer na Elana uitgereik het om die afsluiting van hierdie aaklige hoofstuk in haar lewe te bevestig en te vier, het sy verduidelik dat die LUR nog geensins aan die bevel voldoen het nie,” sê Van der Bijl.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende