Balju vat al Emfuleni-munisipaliteit se voertuie


Luister nou

Volgende

Balju vat al Emfuleni-munisipaliteit se voertuie

1 Desember 2022

Eskom het vandag, vir die vierde keer sedert 2015, op al die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se voertuie beslag gelê.

Die munisipaliteit bedien Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging.

Hierdie stap is die uitvoering van ʼn beslagleggingsbevel wat die Gautengse hooggeregshof toegestaan het in Oktober vanjaar om Eskom te magtig om op Emfuleni se roerende bates asook ʼn bankrekening beslag te lê vir die R1,3 miljard wat die munisipaliteit die kragvoorsiener skuld.

Die VF Plus-raadslid, Gerda Senekal sê hierdie skuld is slegs ʼn gedeelte van die munisipaliteit se uitstaande skuld van meer as R5-miljard aan Eskom.

Sy sê Eskom het reeds op ʼn bankrekening beslag gelê. Dié kragverskaffer was die tweede groot verskaffer wat die hooggeregshof genader het. ʼn Week daarna is Randwater se beslagleggingsbevel ook deur die hooggeregshof toegestaan.

“Vandag het die balju beslag gelê op 25 voertuie wat insluit voertuie van die bou-, verkeers-, parke-, sportafdeling en kragafdeling. Die beslaglegging van voertuie benadeel die dienslewering in Emfuleni ingrypend,”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Balju vat al Emfuleni-munisipaliteit se voertuie


Luister nou

Volgende