18 Julie 2024
Die 55-jarige man, wat verlede week in sy bakkie met ‘n minibustaxi gebots het waarin 12 persone dood is, is op borg van R20 000 vrygelaat.

Gert van Emmenis het vanoggend vlugtig in die landdroshof in Fochville verskyn na die ongeluk waarin elf laerskoolkinders, en die bestuurder van die minibus dood is. Sewe ander kinders is beseer.
Die kinders was leerlinge in die Rockland Primêre Skool, en Laerskool Blyvooruitsig in Carletonville.
Van Emmenis staan tereg op 12 aanklagte van strafbare manslag en een van roekelose en nalatige bestuur. Volgens aanvanklike berigte het Van Emmenis in sy Ford Ranger-bakkie ‘n ander voertuig teen ‘n blindehoogte verbygesteek waarna hy glo teen die agterkant van die minibus gebots het. Die bus het toe aan die brand geslaan.
Die saak is tot 15 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
The man who drove the Bakkie believed to have rammed into a scholar transport, killing 11 children in Carletonville, has appeared in the Fochville Magistrates’ Court. He is facing among others 12 counts of culpable homicide. His name is Gert van Emmenis. @POWER987News pic.twitter.com/4qmswIVJo4
— Nkosi Malinga-Mnisi (@MnisiNkosikhona) July 18, 2024
Foto: Thulani Mbele, Soweton Live