13 September 2022
‘n Baba se liggaam is vanoggend op Hartenbos se strand gevind.
Volgens die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Kappie Kapp is die identiteit en ouderdom van die kind nog onbekend. Die baba was toegevou in twee plastieksakke, ‘n lap en was binne-in ‘n koelersak.
Volgens Kapp het ‘n strandganger die baba gevind toe hy die sak verlate sien staan.
Hy sê DNS-toetse sal gedoen word om die identiteit te probeer vasstel. Kapp sê die polisie vermoed dat die baba om en by drie maande oud is.
Foto: Algoa FM