3 Januarie 2022
Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n klag van moord nadat ‘n motoris buite Klerksdorp op die liggaam van ‘n baba afgekom het.
Volgens die polisie se woordvoerder, luitenant-kolonel Amanda Funani, is die baba skaars twee weke oud.
Sy hande en voete was met ‘n plastieksak vasgebind en ‘n lap is oor die liggaam gegooi.
Die gru-ontdekking is langs die N12 deurpad naby Stilfontein gedoen. Uit ‘n voorlopige ondersoek wil dit voorkom asof die kind verskeie kneusmerke opgedoen het.
Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie en die ondersoek duur voort.