Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Baba Ayden oorlede – twee jaar nadat hy met brein-hipoksie gediagnoseer is

14 November 2023

Die seuntjie van Lydenburg in Mpumalanga, wat twee jaar gelede gehospitaliseer is nadat hy ophou asemhaal het, is Maandagaand (13 November) oorlede.

Ayden net na die ongeluk.

Kort na die voorval is berig dat Ayden Nortje, wat toe ses maande oud was, aan ‘n stukkie biltong gestik het. Dokters het egter later gesê dat hy ‘n toeval gehad het wat sy brein aangetas het.

LEES OOK: BABA AYDEN: “DIT GAAN ELKE DAG BETER”

Hy is toe met brein-hipoksie (suurstoftekort) gediagnoseer.

Hy moes die afgelope twee jaar verskeie kere in die hospitaal opgeneem word, ondermeer weens maagsere, vog op sy longe en probleme met sy lewer, asook sy infeksietelling wat talle kere die hoogte ingeskiet het.

Sy ma, Estelle het op 5 November vanjaar gesê dat Ayden weer weens ‘n infeksie in die hospitaal opgeneem moes word. “Spesialiste van Johannseburg en Pretoria is gekontak oor Ayden se lewer-telling. Die dokters het gesê dat daar niks verder is wat hulle vir Ayden kan doen wanneer dit by sy lewer kom nie.”

LEES OOK: BABA AYDEN WEER TERUG IN HOSPITAAL WEENS INFEKSIE

Sy het ook gesê dat hy nie sterk genoeg is vir ‘n leweroorplanting nie, en sy neurologiese toestand het dit ook nie toegelaat nie.

Estelle het gisteraand op die Facebook-groep, Bid vir baba Ayden bevestig dat hy omstreeks 20:21 oorlede is. “Vanaand het Liewe Jesus sy mooiste engel seuntjie, Ayden kom haal. Ayden het sy engel vlerkies gekry en hardloop nou saam sy Pappa Jesus rond in die Hemel.

Ayden het op 1 November drie jaar oud geword.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende