2 Mei 2023
Australië het amptelik damprook vir ontspanningsdoeleindes verbied en strenger maatreëls vir die gebruik van e-sigarette ingestel.
Dít in die land se jongste poging om ‘n toename in damprook onder tieners te bekamp.
Met dié nuwe wetgewing, wat Australië vanaf vandeesmaand toepas, word alle weggooibare-damptoestelle, die invoer van damptoestelle wat nie met ‘n voorskrif bekom is nie én damptoestelle met hoë nikotienvlakke verbied.
Volgens Australië se gesondheidsminister, Mark Butler, kan damptoestelle nou slegs in farmaseutiese-verpakking in Australiese apteke aangekoop word.