Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Australië se grense bly gesluit

Australië gaan sy grense na verwagting tot diep in 2022 gesluit hou terwyl nóg ʼn vlaag Covid-19-infeksies oor die wêreld spoel.

Die minsiter van handel en toerisme, Dan Tehan sê ʼn vlaag gevalle op die Indiese sub-kontinent wys dat Australië se streng verbod op besoekers steeds nodig is om die land Covid-19-vry te hou.

Australiërs is sedert 20 Maart verlede jaar verbied om oorsee te reis en toegewings aan buitelandse besoekers word moeilik toegestaan.

Voor die pandemie het sowat 1-miljoen korttermynbesoekers Australië elke maand binnegekom. Die syfer het gedaal tot ongeveer 70 000.

Enigiemand wat dié land binnekom – Nieu-Seelanders uitgesluit – moet vir 14 dae lank in streng kwarantyn in ʼn hotel bly.

Australië het altesame net 29 893 gevalle van Covid-19 bevestig sedert die pandemie uitgebreek het. 910 mense is dood en daar is tans slegs 271 aktiewe gevalle.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende