28 Maart 2022
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die ATM se dringende aansoek om ‘n geheime stemming in sy mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa, af te dwing is van die hofrol geskrap.
Die party wou gehad het dat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula die stemproses oor die mosie in die geheim laat geskied.
Regter Rosheni Allie het vanoggend gesê dat dié aansoek nie dringend is nie en meen die ATM het self die dringendheid daarvan geskep.
Dit beteken dus dat parlementslede openlik Woensdag (30 Maart 2022) moet stem in die ATM se mosie van wantroue.