Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Atleet sterf na Comrades-wedloop

29 Augustus 2022

‘n Atleet verbonde aan die Hollywoodbets Atletiekklub, Mzamo Mthembu van Amanzimtoti is dood nadat hy aan gister se Comrades deelgeneem.

Die wedloop het weer vir die eerste keer sedert 2019 plaasgevind, toe dit weens Covid-19 nie kon voortgaan nie. Atlete moes gister die 89,8 km van Pietermaritzburg na Durban aandurf. Dit is ook die eerste keer dat die wedloop in Augustus plaasvind.

Volgens Hollywoodbets is dit vandag ‘n donker dag vir die atletiekklub nadat hulle van Mthembu se dood verneem het. Hy het glo in Pinetown inmekaargesak en is na die Westville-hospitaal geneem, waar hy dood verklaar is.

Intussen moes 2016 se wenner van dié wedloop se vroueafdeling, Charné Bosman ook in ‘n hospitaal opgeneem word.

Die 46-jarige Bosman het 65 kilometer van die byna 90 kilometer voltooi toe sy in Pinetown inmekaarsak.

Sy sê sy het Vrydag en Saterdag hoofpyn gehad, maar het dit toegeskryf aan spanning. Bosman het vanoggend aan Pretoria FM gesê dat sy nog die dokter moet sien, maar verwag dat sy nog minstens twee dae in die hospitaal sal moet wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende