Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Asiese olifant “besoek” huis, op soek na ‘n middernag-happie

22 Junie 2021

‘n Vrou van die Hua Hin-distrik in die westelike deel van Thailand het ‘n buitengewone besoeker by haar huis, in die vroeë oggendure gekry.

Die vrou, Ratchadawan Puengprasoppon het aan CNN vertel dat sy en haar gesin wakker geskrik het weens ‘n geluid in hulle kombuis, waarna hulle die Asiese olifant aangetref het met sy kop wat deur ‘n gat in die kombuis se muur loer.

Volgens haar was die gat reeds daar weens nóg ‘n olifant se “besoek” verlede maand.

Sy sê die nuutste “besoeker” het sy kop deur die gat gesteek en sy slurp gebruik om in die kaste en laaie te grawe.

Thailand se departement van Nasionale Parke, Natuurlewe en Plantbewaring het op hulle Facebook-blad gesê dat die olifant waarskynlik die huis besoek het omdat hy kos vanuit die kombuis geruik het.

Volgens die departement is Puengprasoppon se huis langs die ingang van die nasionale park, waar dié Asiese olifante woon.

https://twitter.com/nowthisnews/status/1407277934893797377

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende