24 Augustus 2022
Die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, het ‘n beroep op inwoners van die Nelson Mandelabaai-metro gedoen om water spaarsaam te gebruik te midde van die droogte wat dreig om Port Elizabeth/ Gqeberha se krane te laat opdroog.
Na verwagting sal die watertoevoer binnekort na sekere woonbuurte binne die sogenaamde rooi sone opdroog.
Dit sluit buurte soos Somerstrand en Humewood in.
Mchunu het onder andere gesê dat dit ongelukkig is dat die inwoners moet bad, maar wanneer hulle dit doen moet hulle aan die toekoms ook dink.
Die minister het inwoners aangeraai om nie tyd te verspeel in die stort of die bad nie.
Hy sê om aan te hou om in die rondte draai terwyl jy was mors water en mense moet net vinnig regop staan en klaarmaak in die stort.