Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Apollo 11 ruimtevaarder sterf na stryd met kanker

29 April 2021

Die ruimtevaarder, Michael Collins wat in 1969 die Apollo 11-ruimtetuig beman het terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin vir die eerste keer op die maan geloop het, is gister in die ouderdom van 90 oorlede.

Volgens CNN het Collins se familie bevestig dat hy dood is na sy stryd met kanker.

Sy familie het nie gesê watter soort kanker hy gehad het nie, maar het benadruk dat hy dood is met familie by hom.

Neil Armstrong, Michael Collins (middel) en Buzz Aldren. Foto: Nasa.

NASA, waar Collins 7 jaar as ‘n ruimtevaarder gewerk het, het ook hulde aan hom gebring. Hulle meen die wêreld het ‘n baanbreker in sy veld verloor.

Aldrin het op sy Facebook ook sy medelye met Collins se naasbestaandes betuig. Hy meen Collins het nog altyd die moed gehad om nie net hom en Armstrong na die maan te neem nie, maar alle reise wat hy aangepak het.

Hy is reeds sedert 1963 ‘n ruimtevaarder. Sy eerste missie was Gemini 10 gevolg deur die historiese Apollo 11 vlug na die maan.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende