Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Apartheid werp steeds ‘n skadu op al die toekomstige doelwitte van die ANC,” sê Ramaphosa

2 September 2023

President Cyril Ramaphosa sê die ANC gaan sy verkiesingsmanifes van 2019 hersien sodat die party sy doeltreffendheid kan verbeter. 

Hy het vanoggend die media in Sandton toegespreek ook die ANC wat sy verkiesingsmanifes gaan aanpas ter voorbereiding van die nasionale verkiesing wat volgende jaar gehou word. Hierdie manifes bevat doelwitte vir die party oor die volgende vyf jaar. 

Volgens Ramaphosa het hulle 221 ondernemings in 2019 se manifes gemaak, en hy meen die party vorder goed met die implentering daarvan. Wat die transformasie van die ekonomie betref is 10 van die 102 ondernemings afgehandel, terwyl 86 vorder. 

Hy sê ‘n belangrike deel van die hersiende manifes sal werkskepping wees. Hy sê die party beoog om verskeie poste binne verskeie sektore te skep. Ramaphosa sê die land se ekonomie het swaargekry weens die Covid-19-pandemie, die 2021 onluste en korrupsie.

Ramaphosa het verder gesê dat die ANC hulle suksesse en mislukkings van die afgelope 30 jaar – sedert hulle aan bewind is – teenmekaar opgeweeg het, en meen apartheid werp ‘n skadu oor die doelwitte wat die ANC wil bereik.

Hy meen apartheid het steeds ‘n baie groot uitwerking op mense se lewens. Hy sê die ANC wil die skade van apartheid ongedaan maak. Hy sê in 1994 byvoorbeeld het slegs 36% van die land se inwoners toegang tot krag gehad, maar vandag is die syfer nader aan 93%.

“Suid-Afrika is ‘n totale ander land as wat dit was toe die ANC dit in 1994 geërf het.”

https://twitter.com/MYANC/status/1697896545029587098

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende