Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Antwoorde gesoek oor gesteelde borsbeeld van generaal Koos de la Rey

19 April 2021

Die VF Plus het ‘n beroep op inwoners van Noordwes gedoen om enige inligting oor die gesteelde borsbeeld van generaal Koos de la Rey aan te meld om seker te maak die skuldiges ry aan die pen.

Dit kom nadat generaal De la Rey se graf in Lichtenburg die afgelope naweek gevandaliseer en die borsbeeld verwyder is.

Die VF Plus-LP in die nasionale raad van provinsies in Noordwes, Fanie du Toit sê hy en lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, oftewel die FAK het die toneel vandag besoek om die skade aan die graf en monument te evalueer.

Du Toit meen die skending van hierdie kulturele baken van ‘n volksheld beklemtoon opnuut die omvang van die impak wat misdaad op alle terreine van die samelewing het.

Hy sê die feit dat selfs gemeenskappe se kultuurskatte nou deur misdadigers geteiken word, is aanduidend van die vlak van morele en algemene verval wat toenemend beleef word onder die ANC-regering.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende