My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Anglo Boereoorlog-navorser se kollegas platgeslaan deur haar afsterwe

21 Oktober 2021

Een van die land se top Anglo-Boereoorlog-navorsers, Elria Wessels is verlede week in Wolmaransstad oorlede.

Wessels is in Dundee, in KwaZulu-Natal, gebore en het na matriek aan die Universiteit van die Vrystaat haar meestersgraad verwerf waarna sy deel was van die Natal onderwysprofessie.

Op 1 April 1979 is sy as Senior Museumgeesteswetenskaplike navorser by die Oorlogsmuseum van die Boererepublike aangestel, en het na 26 jaar diens by die museum, op 3 Maart 2005 afgetree.

Dr. Johan van Zÿl, senior vakkundige van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke by die Nasionale Vrouemonument, se haar bydrae tot geskiedkundige erfenis is van onskatbare waarde.

“Elria was deel van die ‘goue jare’ in die Suid-Afrikaanse museumbedryf met Suid-Afrikaanse museums wat veral gedurende haar diensjare gedy het. In die museum se liasseerstelsels verskyn etlike briewe van dank vanaf die publiek, asook internasionale persoonlikhede soos die burgemeester van Londen en sy gade wat vir haar gasvryheid en hulp tydens besoeke aan die museum bedank het,” sê Van Zÿl.        

Jaco Cilliers, die hoof van Erfenisbewaring by die Erfenisstigting, sê Wessels was ’n enorme gees vir erfenis- en geskiedenisbewaring.

“Die Erfenisstigting bewaar self verskeie artefakte uit die Anglo-Boereoorlog en om so ’n navorser te verloor, laat ’n enorme leemte in die hele geskiedkundige gemeenskap. Ons medelye met haar familie en vriende, sy sal baie gemis word,” sê Cilliers.

‘n Gedenkdiens word môreoggend (22 Okt) om 11:00 vanuit die Hervormde kerk in Wolmaransstad vir haar gehou.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende