Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Anglo American verwerp BHP-mynboureus se oorname-aanbod

26 April 2024

Die direksie van Anglo American het die oorname-aanbod van die mynboureus, BHP, eenparig verwerp.

In ‘n verklaring wat vanoggend uitgereik is sê die raad dat die aanbod opportunisties is en die maatskappy onder gewaardeer is.

BHP het nagenoeg R740-miljard vir Anglo aangebied – op voorwaarde dat die onderneming eers van sy Suid-Afrikaanse belange ontslae raak.

BHP stel belang in Anglo se kopermyne in Suid-Amerika, maar nie noodwendig ander bates nie.

In die verklaring sê Anglo se voorsitter, Stuart Chambers, dat Anglo goed geplaas is om aansienlike waarde te skep uit sy portefeulje van hoë kwaliteit bates – wat goed belyn is met die energie-oorgang en ander groot vraagneigings.

Die direksie meen verder dat BHP se voorgestelde struktuur onaantreklik is, wat nie aanklank sal vind by Anglo American se aandeelhouers nie. Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe het gister gesê dat hy nié van so ‘n ooreenkoms ten gunste sal wees nie.

Foto: Australian Mining

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende