Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

André de Ruyter weier om naam van “korrupte” senior politikus bekend te maak

26 April 2023

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, skop vas en weier om die naam van ‘n senior politikus bekend te maak wat volgens hom voordeel getrek het uit grootskaalse korruspie wat by die kragvoorsiener plaasvind.

De Ruyter word deur lede van die staande komitee oor openbare rekeninge, Skoor, ondervra oor bewerings wat hy vroeër vanjaar tydens ‘n televisie-onderhoud gemaak het.

Hy het LP’s na minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan en die veiligheidsadviseur, Sydney Mmufamadi verwys en voer aan dat dit nie in die belang van Skoor se verrigtinge vandag is dat hy die naam bekend maak nie.

De Ruyter het ook gereageer en gesê dat hy op geen stadium gesê het dat dit ‘n minister is wat voordeel uit korrupsie trek nie, maar ‘n senior politikus, en dat hy daarby volstaan.

Hy het aangevoer dat dit die media is wat na die betrokke persoon as ‘n minster verwys het. Volgens hom kan hy nie al sy beweringe staaf nie omdat hy bedank het as uitvoerende hoof en dus nie meer toegang tot sekere dokumente het nie.

De Ruyter het ook weer benadruk dat hy beweerde korrupsie by die owerhede aangemeld het en dat hy vergaderings gehad het met die betrokke rolspelers om korrupsie te bespreek.

Die EFF-LP, Veronica Mente het tydens haar spreekbeurt gesê dat dit nie gepas was om ‘n TV-onderhoud te gebruik as platform vir sy bewerings nie. Volgens haar het De Ruyter sy onderhoud op eTV gebruik om “skinderstories” te versprei.

Volgens De Ruyter is hy bereid om saam met wetstoepassers te werk in hulle ondersoek na die bewerings, maar meen sekere inligting – soos betrokkenes se name – gaan hy ingevolge regsadvies weerhou. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende