16 Maart 2023
Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, nou amptelik gevra om voor hom te verskyn.
Hulle versoek ook dat De Ruyter ‘n beëdigde verklaring moet indien nadat hy in ‘n omstrede onderhoud met eTV onthul het dat hoë-vlak politici na bewering betrokke is by korrupsie by Eskom.
Die Nasionale Vergadering sal na verwagting vandag ‘n debat voer oor die DA-mosie om ‘n ad-hoc komitee te stig om ondersoek in te stel na die beweerde betrokkenheid van ANC-lede by korrupsie by Eskom.