Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

André de Ruyter beantwoord vandag vrae in parlement oor Eskom-bewerings

26 April 2023

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter sal vandag virtueel voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn.

De Ruyter sal onder meer moet vrae beantwoord oor die bewerings wat hy gemaak het in ‘n onderhoud op eTV vroeër vanjaar. Hy het in dié onderhoud gesê dat kabinetslede betrokke is by die bedrog en korrupsie wat by Eskom gepleeg word.

LEES OOK: DE RUYTER AS HEDENDAAGSE HELD BESKRYF NÁ BEDANKING

Hy het ook gesê dat hy waarskynlik die ware omvang van die diefstal by die kragvoorsiener onderskat toe hy die bedrag op R1-miljard per maand geraam het.

Hy sê ook die interne weerstand teen maatreëls wat hy ingestel het om korrupsie by Eskom te probeer bekamp het sy pogings belemmer.

LEES OOK: ANDRÉ DE RUYTER GEVRA OM VOOR SKOOR TE VERSKYN

Sy opmerkings is vervat in ’n skriftelike voorlegging wat hy vandag aan parlementslede gaan lewer.

Parlementslede beplan om hom uit te vra oor korrupsie, diefstal, wanadministrasie, sabotasie, ’n gebrek aan gevolgebestuur, kartelle en ander finansiële ongerymdhede by Eskom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

0001054255_resized_paulmashatile150320231022

Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Ander Nuus Artikels

GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding
Go6hdNIX0AAO0Ry
Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie
WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende