8 September 2021
Die ANC se adjunk sekretaris-generaal Jessie Duarte sê oud-president Jacob Zuma se mediese parool kan nie met die van Schabir Shaik verglyk word nie.
Duarte sê hoewel dit dalk verkeerd was om mediese parool toe te staan aan Shaik, glo sy dat Zuma werklik siek is, en dat mediese parool dus geregverdig is.
LEES OOK: DA BEOOG REGSTAPPE OOR MEDIESE PAROOL VIR ZUMA
Sy sê sy glo nie die negatiewe narratief oor Zuma nie, en sê dit is jammer dat ons in ‘n land leef waar daar sonder feite van iemand se gesondheid ’n politieke kwessie gemaak kan word.
Dit kom nadat die departement van korrektiewe dienste Sondag bevestig het dat Zuma op mediese parool geplaas word. Hy dien 15 maande gevangenisstraf uit nadat hy aan minagting van die hof skuldig bevind is.
Stem vir die Aitsa’s