Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

ANC wil nog nie reageer op hofuitspraak oor Zuma nie

15 Desember 2021

Die ANC het in reaksie op die hofuitspraak oor oud-president Jacob Zuma se mediese parool gesê dat hy nog nie op die nuus gaan reageer nie omdat die departement van korrektiewe dienste nog deur die saak werk.

Dit kom nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria vanoggend beslis het dat die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser se besluit om Zuma op mediese parool te plaas, onwettig was. Die hof het ook beveel dat Zuma terug tronk toe moet gaan.

LEES OOK: ZUMA BESLISSING: REAKSIE STROOM IN

Die voormalige ANC-lid, Carl Niehaus sê dat die oud-president se inhegtenisname in die eerste plek onwettig was. Hy meen die “aanslag op Zuma is persoonlik.” Hy meen alle Suid-Afrikaners wat in geregtigheid glo moet die beslissing teenstaan en keer dat Zuma weer tronk toe moet gaan.

Die Jacob Zuma-stigting het ook nog nie veel gesê nie maar het wel op sy Twitter-blad ‘n foto gedeel waarin hy meen dat Zuma nooit geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn nie en dat dit op propaganda neerkom om dit te laat klink asof hy geweier het.

Die oud-president is tot gevangenisstraf gevonnis omdat hy ondanks ‘n hofbevel nié voor die kommissie verskyn het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende