26 Augustus 2021
ANC werknemers al vandag begin met ‘n volskaalse staking, nadat hul ingelig is dat die party nie hul Augustus salarisse kan betaal nie.
Die ANC se interne geldsake is glo nou só benard dat hy vir die eerste keer tot nou toe drie maande agterstallig met werknemers se salarisse is.
Die ANC-hoofbestuurder Fébe Potgieter het in ‘n brief aan werkers die situasie as betreurenswaardig beskryf.
Die party se woordvoerder Pule Mabe het bevestig dat alle ANC kantore van vandag af gesluit sal wees, na werkers aangedui het dat hulle gaan begin staak. Volgens hom sal die party aanhou om met sy lede oor dié kwessie te vergader.
Anc staff goes on full strike tomorrow pic.twitter.com/govdCY8Avq
— Tolokazi (@lizTandwa) August 25, 2021
Hou Afrikaans op die lug