21 Oktober 2021
Die ANC-leier, president Cyril Ramaphosa het vanoggend inwoners van die Wes-Kaap, meestal in Afrikaans, toegespreek voordat die munisipale verkiesing op 1 November plaasvind.
Die Wes-Kaap is die een provinsie, wat reeds die afgelope paar jaar deur die DA gelei word. Volgens president Ramaphosa is van die ANC se beste kandidate in die Wes-Kaap.
In Mamre het hy aangevoer dat die DA nie goed werk in dié dorp nie en dat hy baie probleme sien. Hy meen die dorp se inwoners is moeg vir die DA en soek na verandering. Hy het onder meer ‘n splinternuwe huis aan ‘n inwoner van Mamre belowe nadat hy tydens ‘n huisbesoek nie gehou het waarvan hy gesien het nie.
President Ramaphosa het ook inwoners van Atlantis in hulle huise besoek.
Stem vir die Aitsa’s