7 Junie 2022
Die ANC het die inhegtenisneming van Atul en Rajesh Gupta verwelkom.
Die twee omstrede broers is gisteraand in Dubai in hegtenis geneem. Die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe sê hulle doen ‘n beroep op die wetstoepassers in Suid-Afrika en die Arabiese Emirate om die uitleweringsproses so gou moontlik af te handel.

Hy het benadruk dat die ANC die proses ondersteun om staatskapers te vervolg.
Intussen is die inhegtenisneming ook vanuit ander oorde verwelkom. Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê die uitleweringsproses kan egter tyd duur en die Gupta-broers sal dit waarskynlik sterk teenstaan. Hy sê die proses sal eers suksesvol wees die dag wanneer hulle in Suid-Afrika aankom om tereg te staan op die aanklagte teen hulle.
Ook die DA het die nuus verwelkom en sê hulle hoop dit is die begin van ‘n reeks inhegtenisnemings van mense wat by staatskaping betrek word. Die DA se Cilliers Brink sê hierdie mense het wesenlike skade aangerig aan Suid-Afrika en bygedra tot die verarming van Suid-Afrikaners.
Die burgerregteorganisasie, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl sê hierdie inhegtenisneming is ’n stap in die regte rigting van geregtigheid, maar daar is nog ’n lang pad wat voorlê en AfriForum het ’n paar eise wat geregtigheid sal help seëvier.
MyANC notes and welcomes the arrests of Messrs Rajesh and Atul Gupta by law enforcement authorities in the United Arab Emirates (UAE). pic.twitter.com/wfAwkTT1fZ
— African National Congress (@MYANC) June 7, 2022