3 Junie 2024
“Dit wil voorkom asof die ANC die kandidaatlyste in die afgelope verkiesing verkeerd verstaan het.”
Dít volgens die tegniese ontleder van PlainSpeak, Alistar Fairweather. Volgens hom is onbekende kandidate eerder as bekendes in ANC kringe nou op pad parlement toe weens die plekke wat hulle op die party se streekslyste beklee.
Volgens Fairweather is onbekende kandidate soos Sheila Xego en Peace Mabe nou op pad na die parlement eerder as bekendes soos Naledi Pandor of Bheki Cele.
Fairweather sê hy glo egter dat daar wel ‘n geleentheid vir die ANC sal wees om hierdie bloutjie reg te stel.

STATEMENT BY ANC SECRETARY GENERAL ON OUTCOME OF 2024 ELECTIONS
— ANC – African National Congress (@MYANC) June 2, 2024
The African National Congress (ANC) commends the people of South Africans for once again demonstrating the strength and vibrancy of our democracy.#ANCThanksSA pic.twitter.com/oPgOrU5vD4