21 April 2023
Die ANC is toegevoeg as die 14de respondent in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se jongste saak teen individue en organisasies, wat moontlik betrokke was by korrupsie by Eskom ter waarde van meer as ‘n halfmiljard-rand.
Volgens die NVG is die ANC een van die respondente wat na bewering geskenke in die vorm van kontant van die Eskom-subkontrakteur Impulse Supertrans ontvang het.
Luidens hofstukke het die ANC R202 000 ontvang as deel van ‘n lys geskenke van R24-miljoen aan verskeie mense en entiteite.
Die NVG het ‘n aansoek om ‘n bewaringsbevel rakende die saak gebring. Eskom én Impulse Supertrans sal na verwagting deur dié bewaringsbevel geraak word.