ANC stel ondersoek in na bewerings dat Ace Magashule “betogings reël”


Luister nou

Volgende

ANC stel ondersoek in na bewerings dat Ace Magashule “betogings reël”

15 Junie 2021

Die ANC in die Vrystaat gaan ondersoek instel na bewerings dat die geskorste ANC sekretaris-generaal Ace Magashule diensleweringsbetogings in dié provinsie orkestreer.

Magashule het glo Sondag ‘n vergadering in Harrismith gehou, waar hy met besigheidslui gepraat het oor die feit dat hulle nie meer kontrakte van die provinsiale regering ontvang nie.

Hy het die besigheidslui glo aangemoedig om betogings te organiseer.

‘n Persoon na aan Magashule het die berigte ontken.

Indien dit waar is, sal Magashule sy skorsingsvoorwaardes, om geen politieke vergaderings te hou nie, oortree het.

Magashule is geskors nadat hy ingevolge die ANC se opsystaanreël geweier het om vrywillig van sy pos afstand te doen. Die ANC het dié reël ingestel vir lede, wat aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en ander ernstige misdade in die gesig staar.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

ANC stel ondersoek in na bewerings dat Ace Magashule “betogings reël”


Luister nou

Volgende