Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

ANC staan bankvas agter Lesufi, te midde van “aanvalle deur regse organisasies”

2 Augustus 2022

Die ANC in Gauteng sê hy neem kennis van die aanvalle en dreigemente deur sogenaamde rassistiese groepe op die provinsiale voorsitter, Panyaza Lesufi. 

Die ANC in Gauteng se sekretaris sê in ‘n verklaring dat hulle erg bekommerd is oor die aanvalle op Lesufi van sekere “regse, rassistiese groepe.”

LEES OOK: “LESUFI MOET TEEN DIE EINDE VAN DIE DAG R500 000 AAN AFRIFORUM BETAAL”

Die sekretaris, Thembinkosi Nciza sê Lesufi word aangeval terwyl hy homself uitspreek teen rassisme. Hy het Lesufi se uitlatings benadruk dat rassime nie in die land hoort nie.

Dit kom nadat Lesufi onlangs in ‘n onderhoud met die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) gesê het dat hy nooit rassiste sal verdedig nie en meen “rassistiese groepe soos AfriForum en die VF Plus, wat slegs een rasgroep verteenwoordig, hoort nie in Suid-Afrika nie.”

Hy sê hulle is reeds ‘n geruime tyd bewus van AfriForum en die VF Plus se houding teenoor Lesufi en dreigemente met regstappe, omdat hy bloot “standpunt in neem teen rassisme.”

LEES OOK: KYK: LESUFI SÊ AFRIFORUM HET NIE BESTAANSREG NIE

“Die ANC is die enige nie-rassige organisasie, wat altyd sal veg vir ‘n nie-rassige land. Die party staan vir respek en menseregte vir alle mense in die land.”

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel sê benoude katte maak benoude spronge en meen Lesufi besef hy is in die moeilikheid weens vroeër uitlatings wat hy gemaak het dat AfriForum sy kinders agtervolg en ‘n sluipmoord-aanval teenoor hom wou uitvoer.

Lesufi se regspan het met die organisasie geskik oor die uitlatings. Hy meen ‘n ou strategie van die ANC is om mense van rassisme te beskuldig.

Luister hier na Kriel se reaksie:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende