11 April 2024
Die ANC in Mpumalanga het sy provinsiale tesourier weens wangedrag geskors.
Mandla Msibi se lidmaatskap is vir drie jaar opgeskort, omdat hy die ANC se grondwet oortree het.
Twee jaar daarvan is opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer tydens die tydperk van sy skorsing aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.
Die party se provinsiale uitvoerende komitee moet glo nog ’n besluit oor Msibi se amp as LUR neem. Hy kan moontlik herroep word as LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie.
Die ANC sê ondanks een van dié moeilikste verkiesings wat voorlê het hy geen ander keuse gehad as om Msibi te skors nie. Hy is in 2022 as tesourier aangestel terwyl hy moord aanklagte in die gesig gestaar het.