19 Desember 2022
Die voorsitter van die ANC se verkiesingskommissie, Kgalema Motlanthe, het die nuwe leiers van die ANC aangekondig, nadat 4384 afgevaardigdes by dié party se verkiesingkonferensie gister vir die nuwe hoofleiers gestem het.
Motlanthe het tydens die aankondiging gesê twee stembriewe is gekonfiskeer en die betrokke lede aan die polisie oorhandig nadat dié twee betrap is waar hulle foto’s van die stembriewe geneem het.
President Cyril Ramaphosa is weer herkies tot president van dié party nadat hy sy enigste opponent, Zweli Mkhize, met 2436 stemme teenoor 1897 verslaan het.
Paul Mashatile is verkies tot die adjunk-president van dié party terwyl Gwede Mantashe verkies is tot nasionale voorsitter.
Fikile Mbalula is verkies tot die party se sekretaris-generaal en Nomvula Mokonyane was die afgevaardigdes se gunsteling vir die pos van eerste-adjunk-sekretaris-generaal.
Maropene Ramakgopa sal die nuut-gestigte amp van tweede-adjunk-sekretaris-generaal beklee en Gwen Ramakgopa sal die pos van tesourier-generaal beklee vir die volgende termyn.