ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee bespreek kragkrisis


Luister nou

Volgende

ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee bespreek kragkrisis

5 Julie 2022

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het gister glo die kragkrisis bespreek, en president Cyril Ramaphosa het partylede probeer oortuig dat daar buite Eskom gekyk moet word om die krisis op te los.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan het op sy beurt glo gesê dat kenners met meer as 30 jaar se ervaring ingebring moet word om die kragkrisis die hoof te bied.

Hy sê daar is ‘n tekort aan ervaring onder Eskom personeel.

Ramaphosa het glo sy kommer uitgespreek oor die skade wat die kragkrisis die ANC berokken, en sê Suid Afrikaners soek oplossings wat realisties is.

Die VF Plus sê intussen Suid-Afrika se energiekrisis het ontaard in ’n ekonomiese ramp.

Dit volg na gister se aankondiging dat die prys van petrol met R2,57 per liter verhoog is, en diesel met R2,30 per liter.

Die VF Plus se Wynand Boshoff sê daar word van huishoudings en ondernemings, wat toenemend op vloeibare brandstof vir hul energiebehoeftes aangewese is, verwag om brandstofheffings te betaal wat uitsluitlik vir padgebruikers ingestel is.

Boshoff sê die land kan nie langer ‘n ANC regering bekostig nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee bespreek kragkrisis


Luister nou

Volgende