“ANC-raadslede gaan op luukse uitstappie, terwyl munisipaliteit bankrotskap in die oë staar”


Luister nou

Volgende

“ANC-raadslede gaan op luukse uitstappie, terwyl munisipaliteit bankrotskap in die oë staar”

22 Februarie 2024

“Die DA in die Tswaing-plaaslike munisipaliteit in Noordwes sal nié ’n “luukse belastingbetaler-gefinansierde uitstappie” ter waarde van honderde duisende rande in Hartebeesfontein bywoon nie.

Dit volgens ‘n DA-raadslid in dié munisipaliteit, Soret Viljoen. Sy meen dit is onaanvaarbaar dat die ANC geld kan vind om luukse etes te geniet terwyl Tswaing in erge finansiële nood verkeer.

Die Tswaing-munisipale gebou en die raadsaal kan maklik ’n beleidskonferensie teen ’n fraksie van die koste huisves.

Die munisipaliteit is in Augustus 2021 onder administrasie geplaas, en is toe twee maande voor die plaaslike verkiesing in 2021 deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, ontbind.

“Hierdie ingryping het geen positiewe impak gehad nie aangesien die ANC weer aan bewind gekom het net om met hulle stroping voort te gaan.” Sy sê Tswaing word tans deur die provinsiale tesourie ondersteun in ’n poging om die munisipaliteit se finansiële posisie te verbeter.

Sy sê ondanks die finansiële situasie blyk dit steeds of die ANC-regering nie die erns van die situasie verstaan nie en bestee hul geld aan luukse uitstappies terwyl inwoners nie water in hul krane het.

Volgens Viljoen skuld die Tswaing-munisipaliteit Eskom R177 miljoen, en gterstallige pensioenfondsbydraes beloop sowat R100 miljoen. Die munisipale bestuurder, Deon Mere het ook vroeër vandeesweek ‘n kennisgewing uitgereik waarin hy sê dat die munisipaliteit nie Februarie se salarisse sal kan betaal nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

“ANC-raadslede gaan op luukse uitstappie, terwyl munisipaliteit bankrotskap in die oë staar”


Luister nou

Volgende