7 Februarie 2025
Die burgerregteorganisasie, AfriForum meen ANC-leiers moet die volle skuld dra vir die Amerikaanse president, Donald Trump se uitsprake oor die gebeure in Suid-Afrika wat die onteieningswet betref.

Die organisasie het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê die presidensie en ander rolspelers se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, is ’n duidelike poging van die ANC om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, beleidsrigtings en optrede.
LEES OOK: Trump en SA, watter beleidsmaatreëls straf vir wie?
Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel meen die ANC se buitelandse beleid is om betrokke te raak by internasionale magstryde en hulself by die vyande van die VSA te skaar, eerder as om neutraal te bly, het ook onderliggend tot Trump se optrede bydra, luidens Kriel.
AfriForum het ook daarop gewys dat Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet, wat eiendomsreg bedreig, die laaste strooi was.
Volgens Kriel het AfriForum in April 2024 aan Ramaphosa geskryf om te vra dat hy die Onteieningswetsontwerp na die parlement terugverwys omdat artikel 12(3) – wat onteiening met nul-vergoeding moontlik maak en die omstandighede waaronder dit toegepas kan word, nie deur die wet beperk word nie – beleggers sal verjaag.
LEES OOK: Finansiering aan SA in gedrang oor onteieningswet, dreig Trump
“Ongelukkig het Ramaphosa hierdie versoek geïgnoreer. Ramaphosa, en nie AfriForum nie, het die wet onderteken en daarom moet die president volle verantwoordelikheid aanvaar vir die wrang vrugte wat die land en sy mense nou pluk,” sê Kriel.