30 Januarie 2024
Die ANC in Pretoria het die Tshwane-metroraad gekritiseer oor sy besluit om ‘n lening van R1-miljard van Absa Bank aan te vra om sy bedryfsbegroting mee aan te vul.
‘n Raadslid van die ANC, France Boshielo sê dit is teleurstellend dat die raad gretig is om nou die lening aan te gaan terwyl hy verlede jaar nie die werkers ‘n salarisverhoging wou toestaan nie.
Hy het sê die ANC-koukus sal dit slegs steun indien dit aangewend word om werknemers se agterstallige salarisverhoging mee te betaal en gebruik word om dienslewering mee te versnel.
In ‘n raadsverslag deur die burgemeesterskomitee is aangedui dat die korttermynskuldfasiliteite die Stad sal help om aan sy kontantvloeivereistes vir die 2023/24-boekjaar te voldoen.