ANC in die hof oor die MK se registrasie as politieke party


Luister nou

Volgende

ANC in die hof oor die MK se registrasie as politieke party

19 Maart 2024

‘n Aansoek deur die ANC om die registrasie van die MK-party as onwettig te verklaar word vandag in die verkiesingshof in Bloemfontein aangehoor. 

Netwerk24 berig die ANC meen die party se registrasie moet tersyde gestel word, omdat hulle volgens die ANC nie ‘n nuwe aansoek ingevul het nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die oorspronklike aansoek afgekeur het nie. 

Die regerende party se regsverteenwoordiger, advokaat Tshidiso Ramogale het tydens vanoggend se verrigtinge gesê dat die aansoek dringend is omdat die algemene verkiesing van 29 Mei om die draai is. 

Die MK-party se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu het op sy beurt aangevoer dat die ANC die hofprosesse vermy. Die MK het op 7 September by die OVK geregistreer.

“Die ANC was tevrede met die MK se registrasie as politieke party, maar die oomblik toe oud-president Jacob Zuma in Desember verlede jaar aankondig dat hy die MK gaan ondersteun in vanjaar se verkiesing, het die ANC se gevoel verander.”

Intussen het talle ANC lede buite die hof betoog ter ondersteuning van die party se saak.

Foto: ANC

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

ANC in die hof oor die MK se registrasie as politieke party


Luister nou

Volgende