23 April 2024
Die ANC het erken dat hy te laat begin het met sy proses om verkiesingsplakkate aan te koop.
Die regerende party het veel minder verkiesingsplakkate op lamppale oor die land heen, in vergelyking met ander politieke partye. In sommige gevalle is daar selfs gebruik gemaak van ou plakkate.
Die ANC se hoof van verkiesings, Mdumiseni Ntuli sê swak beplanning het daartoe gelei dat hulle nou nie plakkate kan bekom nie.
Hy het ook erken dat die ANC finansieele uitdagings in die gesig staar, en nie noodwendig soveel begroot het vir verkiesingsmateriaal as in die verlede nie.