14 September 2021
‘n Dag nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy hofstukke ingedien het – in reaksie op die DA se aansoek dat die ANC nié toegelaat word om nuwe kandidaatlyste in te dien nie – het die ANC ook sy hofstukke by die Grondwethof ingedien.
Die ANC voer in sy opponerende stukke aan dat die DA die Grondwethof se uitspraak verkeerd interpreteer en dat die OVK binne die raamwerk daarvan optree deur die ANC toe te laat om bykomende kandidaatlyste in te dien.
Die regerende party is ook van mening dat die DA woorde in die uitspraak wil invoeg om sy interpretasie daarvan te pas.
Dit kom nadat die ANC aanvanklik sy kandidate vir 1 November se munisipale verkiesing laat ingedien het. Die party se sekretaris-generaal, Jessie Duarte meen die DA se saak teen hul het geen meriete nie.
Die OVK se vroeër aansoek om die verkiesing na Februarie 2022 uit te stel, het misluk.
Stem vir die Aitsa’s